Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Niemand leer jou om op baked beans te oorleef'
Refentse. Foto: Deaan Vivier

In die sesde Kwêla-gesprek het Hannes van Wyk met die akteur Albert Pretorius, die sanger Refentse, die skrywer Petrovna Metelerkamp en die aktrise Je-ani Swiegelaar gepraat oor hoe hulle hul loopbane gevestig het, en watter struikelblokke daar vir hulle as kunstenaars in die bedryf en alledaagse lewe bestaan.

I’ve got to be good to pay the bills”, sê Je-Ani oor hoe sy so ’n gewilde aktrise geword het. Sy sê ook Binnelanders het haar baie gehelp om haar loopbaan te vestig. Sy sê die eerste jaar en ’n half nadat sy haar dramagraad verwerf het, was sy die rykste wat sy nog ooit was. Sy het van 07:00-13:00 Afrikaans gegee by ’n Engelse skool, van 14:00-17:00 was sy ’n naskool-juffrou, en van 18:00-02:00 het sy by Craw Daddy’s as kelnerin gewerk.

Petrovna sê dat sy al skryf vandat sy kon onthou. Sy onthou ’n papiertjie uit haar kleuterskooldae waar haar juffrou vir haar ma ’n briefie geskryf het wat lui: “Petrovna is nét lief vir woorde.” Sy sê dat die uitgewerswese ook basies in haar skoot geval het. Sy het eendag losweg ’n boek vertaal omdat sy gevoel het Afrikaanse mense sal daarin belangstel, waarna manuskripte na haar toe aangestroom het. “Toe word ek maar ’n uitgewer!”

Jy sal dit nie glo nie, maar ek het op skool eintlik meer in sport belanggestel.

Refentse het bekendheid verwerf nadat ’n vrou ’n video van hom op Facebook geplaas het waar hy voor hul huis in Vereeniging sit en sing. Hy het voordat hy matriek geskryf het, ’n platekontrak by Select Media geteken, en ná skool sy voltydse musiekloopbaan begin.

“Jy sal dit nie glo nie, maar ek het op skool eintlik meer in sport belanggestel.”

Albert sê hy het nie eens geweet waar die Universiteit van Kaapstad is voordat hy daar gestudeer het nie. Vir hom was die moeilikste van die teaterbedryf die jare net ná dramaskool. “Ons het vakke soos speech, movement, en sulke dinge gehad, maar niemand prepare jou vir tax nie! Niemand sê vir jou hoe lank jy van ’n blikkie baked beans kan lewe nie.”

Die kunstenaars stem saam een van die grootste struikelblokke in die bedryf is om die lyn tussen hul privaat en openbare lewens te behou. Hulle verstaan egter almal dis deel van jou werk om deur mense herken te word.

Meer oor:  Refentse  |  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.