Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pieter-Dirk Uys: 'Daar is soveel dinge in ons land wat werk'
Pieter Dirk-Uys. Foto: Jaco Marais

‘Oh darling, you haven’t got the talent!”

Só sê Pieter Dirk-Uys het een van sy dramadosente hom aangeraai om eerder ’n verhoogbestuurder te word as die akteur wat hy aanvanklik wou wees.

In die tweede kuier van die Kwêla-gespreksreeks op die Absa Rooiplein het Hannes van Wyk met gesoute kunstenaars gesels oor die eb en vloei van die bedryf. Frazer Barry, Wicus van der Merwe, Margit Meyer-Rödenbeck, Lee-Ann van Rooi en Pieter-Dirk Uys het van hul wyshede en snaakshede met die gehoor gedeel.

“Jy weet mos hoe werk ek gewoonlik – verkoop tien shows, dan moet ek eers die show maak”, sê Margit oor haar en Wicus se vertoning, Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe. Wicus voeg by dat hulle al lank dreig om ’n stuk saam te doen.

Margit Meyer-Rödenbeck Foto: Michael Hammond

“Toe begin sy die show verkoop. Skielik moes ons Aardklop toe – ons het nog nie eens ’n teks gehad nie!” Hulle moes toe vinnig spring, en het met die hulp van Margit se man, Jurg Human, ’n teks geskryf.

Vir diegene wat wonder oor die toekoms van teater, sê Lee-Ann dat werk eintlik volop is. “Jy moet net bereid wees om hard te werk. Die werk kom nie na jou toe nie. Jy moet jouself out there sit.” Sy sê wat baie mense nie besef nie, is dat produksies soms twee of drie jaar neem om op die planke te kom. “Ons is almal freaks hier het byvoorbeeld al vier of vyf jaar gelede begin, maar die tyd was nooit reg om dit op te voer nie.”

Frazer stem saam met Lee-Ann: goeie optredes neem tyd. Hy sê dat Tribal Echo al reeds 15 jaar aan die gang is, maar dat hulle nou eers begin naam maak het omdat hulle wou seker maak hul musiek is organies.

“Ek leun nogal na die ‘Afrika’ in Afrikaans. Met my reise het ek my op ’n plek gesit waar, wanneer jy wil weet van die Afrika in Afrikaans, dan moet jy vir Frazer vra.”

Op die vraag oor hoe ’n mens verseker dat jy herhaaldelik gevra word om op te tree, is al die kunstenaars dit eens – jy kan nie snobisties wees nie. Of soos Wicus dit stel: “Moenie ’n idiot wees en verwag mense gaan jou weer vra nie.”

Lee-Ann van Rooi.

Lee-Ann sê dat daar ’n beduidende verskil is tussen ’n kuns­tenaar en ’n “celebrity”. “As ’n kunstenaar werk jy verskriklik hard – jy moet alles wees. Jou eie bankbestuurder, jou eie stage manager, jy moet jou eie wasgoed was én eie verhoog vee.”

Nog ’n ding is die kunstenaars dit eens: hulle sal geen ander werk wil doen as tans nie.

Ná ’n halfuur se gesprek met die ander kunstenaars het Pieter-Dirk Uys alleen op die Kwêla-bank kom sit. Oor die feit dat hy reeds 72 is en ná 40 jaar in die teaterbedryf steeds gehore op die punte van hul stoele laat sit, sê hy nie veel nie. “Ek is nou 72. Die oudisie is verby. The disease to please is cured – I don’t have to prove, I have to improve.”

Oor die huidige toestand van die land sê hy dat mense moet ophou paniekbevange raak.

“Daar is soveel dinge in ons land wat werk. Ons sit hier omdat die fees werk. ’n Taal werk. Ons is nog op ons plase, so far so good – dit werk. Ons het nog vryheid van spraak om te sê wat nie werk nie. Optimisme is belangrik.”

Meer oor:  Pieter-Dirk Uys  |  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.