Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Probeer gerus ’n bietjie ‘kuns-kos’
Francois Ferreira

Asof die KKNK nie genoegsame bewys lewer van die verskeie vorms van kuns wat bestaan nie, is hier nog ’n herinnering dat gasvryheid ook gerus in daardie kassie geplaas kan word.

Wees op die uitkyk vir die plaaslike wenners in vanjaar se Klein Karoo Smulpaap-toekennings wat vroeg in Maart aangewys is.

Die toekennings is deur sjef Francois Ferreira en koskenner Ann Hadley op die been gebring en wys sedert 2012 top-eetplekke aan. Daar is vanjaar 23 wenners in ’n verskeidenheid kategorieë aangewys, insluitend De Rust, Calitzdorp, Barrydale, Montagu en Joubert-Tradauw.

Oudtshoorn-uitblinkers in die plaasstal-kategorie was Karusa; hotel-restaurante: Buffelsdrift en Su Casa @ Surval; informele eetplekke: Café Brûlé, Signature Divine en Cango Caves Estate; restaurante: Bello Cibo; en opwindende jongelinge: Casa Del Sole en De Kombuys.

Dit is die vyfde keer dat Bello Cibo en Café Brulé met hierdie toekenning bekroon is.

Verder is die Turnberry Boutique Hotel op Oudtshoorn vereer vir sy bydrae om die kostradisie van die Klein-Karoo te bevorder.

Restaurante is deur ’n span geheime gaste besoek en vir die toekennings genomineer volgens die gehalte van kos, spyskaart, wynlys, atmosfeer en diens.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit  |  Sjef  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.