Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Resensie: Almal is op die rand van afgrond
Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher in Swerfgoed.

“Kom saam! Glip hier by die grot in; moenie bang wees nie,” nooi die teks van Bauke Snyman jou in.

Dit voel soos ’n opstyging na lekker lag, maar dis eerder ’n fyn, stadige en georkestreerde daling na ’n dieper plek.

Voor jy jou kom kry is jy die een voor die spieël.

Swerfgoed speel af by ’n motel êrens, ver van alles – ’n eiland op soveel maniere.

Hier is ’n Griekse tragikomedie soos min: ’n nes van familieverhoudings so ingewikkeld soos kan kom. Niemand word gespaar nie. In elke karakter is daar iets wat jou aangryp én walg; nog erger, dinge wat jy herken en laat besef hoe naby ons aan die afgrond seil. Dit is nie meer onverstaanbaar hoe mense net kan laat gaan; kan uitrafel nie.

Liefde en deernis is by die deur uit, of net heeltemal verwronge. “Jaag die voëls dat hulle op ’n ander plek gaan vrek,” por die beneukte eienaar van die motel die versteurde met die rooi vlag aan.

Ja, die stuk gaan oor watertekort, maar dis ’n raamwerk waarbinne die storie ook vervleg is met gode van ons volk en die bloederige velle van lewens.

Daar is nie een wat beter is of uitblink nie: elkeen van die akteurs, Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher, is konings in hul eie koninkryk.

Op die einde is daar water, ja. Water verniet! Maar die aaklige holte in ons siele bly sit.

Gaan kyk dit en word gevul.

  • Swerfgoed. Toneel. Gimsaal. Saterdag om 17:00, Sondag om 16:00, 2 April om 20:00 en 3 April om 10:00.

Meer oor:  Anna-Mart Van Der Merwe  |  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.