Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Resensie: Fyn humor sorg vir meesterstuk
Dean Balie, David Viviers, Jemma Kahn en Thami Baba in Babbelagtig. Die spelers voer die gehoor mee met gebare, mimiek, beweging en dans en is nié net vir kinders nie. Foto: Nardus Engelbrecht

Kunste Onbeperk en De Klerk Oelofse (Aapstert Produksies) se aanbieding Babbelagtig is bevrydend, vry en bowenal ongelooflik vindingryk.

Dit kan nie maklik geëtiketteer word nie. Die sleutelwoord is magies, maar nie in die sin van toorkrag nie, wel betowering.

Nie alleen getuig die produksie van styl nie; die style waarin die groep werk, is slim en word deurgevoer tot aan die einde, saamgevoeg in ’n sinvolle geheel wat ’n heerlike hutspot-verhoogstuk daarstel.

Styl, nes goeie smaak, is uiteraard nie iets wat aangeleer word nie. Dis ingeboude hoedanighede. Hierdie produksie getuig van altwee.

Onder regie van Jenine Collocott het die groep van sewe spelers ’n teks en die uitvoering daarvan geskep wat die gehoor reg van die begin af meevoer.

Gehoorlede moet asseblief nie afgeskrik raak weens die beskrywing kinderteater nie. Volwassenes sal selfs meer hieruit put as hul krose.

As rooineuse (oftewel harlekyne) lewer De Klerk Oelofse, Jemma Kahn, Roberto Pombo, Klara van Wyk, Dean Balie, Thami Baba en David Viviers kleurryke spel in uitbeeldings met die minimum dialoog. Gebare, mimiek, beweging, dans, sang en lyftaal word saamgesnoer in ’n geheel wat werklik veel wyer strek as blote fisieke teater. Om enige speler uit te sonder, sal ’n onreg aan die hele span wees. Een en elk dra by om ’n splinternuwe sprokie te skep. In hierdie geval is ensemblespel inderdaad die gepaste beskrywing. Voeg by al hierdie bestanddele die uiters gepaste keuses van musiek en klank – selfs voor die spel ’n aanvang neem – deur Charl-Johan Lingenfelder asook Wolf Britz se skitterende ontwerp van blou plastiekstrook-skerms met rooi rame en tong in die kies kostuums, meubels en rekwisiete. Niks is net wat dit is nie. So is ’n sambreel byvoorbeeld die een oomblik bloot sambreel en die volgende oomblik ’n reusagtige jellievis.

Gehoorlede moet asseblief nie afgeskrik raak weens die beskrywing kinderteater nie. Volwassenes sal selfs meer hieruit put as hul krose.

Deurgaans is die humor skerp en gesofistikeerd en word onderstreep deur die musiek. Die ouverture uit Rossini se Wilhelm Tell begelei ’n hoogspanning-perderesies, met die mees ongewone rosse denkbaar, en daarbenewens dra toiletpapier as wenstreep soveel betekenisse . . . Schubert se Die Forelle sal ná dese met dolfyne, haaie, jellievisse en ’n wonderbaarlike seekat geassosieer word. Bowendien is daar ook tussendeur ’n hoepeltoneel gechoreografeer op ’n Franse lied wat onverwags die hartsnare roer.

Babbelagtig is sonder twyfel een van die mooiste en verfrissendste toneelaanbiedings in ’n lang tyd. Die KKNK, NATi en Feesteforum moet geluk gewens word dat hulle ruimte vir hierdie soort werk skep.

  • Debuutkomedie. Absa Burgersentrum. Daagliks (buiten Sondag) om 09:00.
Meer oor:  De Klerk Oelofse  |  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.