Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Resensie: Huwelik-jeuk in klug resep vir lekker lag
Cobus Venter en Edrien Erasmus in ’n toneel uit die klug My vrou se man se mannetjie. Foto: Verskaf

Nog ’n klug van Lefra Produksies het vanjaar sy debuut by die KKNK gemaak: My vrou se man se mannetjie.

Isak (Cobus Venter) en Linda (Edrien Erasmus) se huwelik is op ’n 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê, veral meer opwinding. Isak aan die anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe – hy het ’n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die onderneming oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkerste dieptes.

Voeg egter daarby ’n seniele oupa Arnoldus (vertolk deur Paul Lückhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Tessa Denton), en ’n sestienjarige, jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke), en jy het ’n resep vir chaotiese lekker lag.

Frans Swart, regisseur, sê dat dit elke jaar nogal ’n uitdaging is om op die vorige jaar se klug te verbeter.

“Ek dink egter vanjaar s’n, My vrou se man se mannetjie, is skreeusnaaks en splinternuut. Dit het ’n lekker storielyn en ek glo dat heelwat paartjies hulself met die situasies sal kan vereenselwig. So kan jy ook in die proses vir jouself lag.”

Paul Lückhoff is veral bekend vir sy rol as oom Wimpie in die sepie Binnelanders.

Op die verhoog word hy veral onthou as Saul in Dalene Matthee se Kringe in ’n bos, en het die rol op die verhoog vir bykans nege jaar vertolk. Paul vertolk tans ook die rol van Elias van Rooyen in Lefra se verhoogweergawe van Fiela se kind.

Hy wou as kind nooit akteur word nie, maar nadat hy aan ’n beroepsbegeleier tydens sy diensplig genoem het dat hy graag wil “stront praat oor die radio”, het dié hom aangeraai om drama te gaan studeer.

Sedertdien was hy in meer verhoogstukke as wat hy kan tel, ook in kinder- en jeugteater.

  • My vrou se man se mannetjie. Debuut klug. SANW-ouditorium. Sondag om 10:00, Maandag om 15:00, 3 April om 20:00 en 4 April om 17:00.
Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.