Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Resensie: Ons ís almal maar ‘Freaks’
Die gehoor word deel van die opvoering soos wat hulle saam met die akteurs deur die uitstalling van visuele kuns deur die Prince Vintcent-gebou rondbeweeg. Foto: Nardus Engelbrecht

Hoe om te vertel van Ingrid Winterbach se Ons is almal freaks hier? Hoe sal ’n mens die laag-op-laag-temas deurwerk en uitpak nadat hulle soos golwe in jou gedagtes breek wanneer jy aan die einde uitstap?

Van die eerste oomblik af word jou aandag aangegryp. Lee-Ann van Rooi sorg daarvoor wanneer sy op die verhogie in die boeg van die Prince Vintcent-gebou verskyn en ons plek in die epiese verhaal aandui. Swaar ritmes in die taal en klankbaan hits ons aan – oor die golwe na ’n onbekende land, begelei deur die tromme van ’n pasaangeër, al nader aan die vlammehel wat op ons wag.

By Van Rooi verskyn Albert Pretorius, eers as matroos en skeepskaptein, en Kay Smith as ’n opgewonde jong meisie, die toonbeeld van maagdelike onskuld (dalk soos ons), onbewus van hoe diep die waters om haar regtig is.

Met die toneel se plekplasing sommer goed gevestig en die haak nou diep in ons kiewe, verlaat die trio die vertrek en word ons genooi om te volg. Ons word deur plekaanwysers met tafeltennisrakette al wuiwend tot by ’n volgende vertrek begelei.

Die atmosfeer is so lig soos ’n fyn kristalglas op die randjie van ’n tafel. En dis hier waar die belangrikheid van plek vir hierdie stuk nou by jou begin duidelik word.

Hier stap jy nie onaangeraak weg nie. Ons is almal freaks hier is meer as net kommentaar op ons behandeling van vroue, van mekaar en van vreemdelinge. Dit is ’n koue, harde blik in ’n spieël wat ons nie durf vergeet nie.

By vanjaar se US Woordfees is die stuk in die US Museum opgevoer; by Prince Vintcent moet jy deur ’n versameling visuele kuns stap waarvan die kurator waarsku: hier is daar geen omdraaikans nie.

Die jong meisie is tussen die artefakte en ook op ’n spierwit podium uitgestal – die aanloklike Afrika-kreatuur. Hoe kan ’n mens dan nie kyk na hierdie magiese vorm nie?

Van daar word die speletjie ál donkerder, ons ou vuil gewoontetjie, vasgevang in helder daglig.

Maar die skok kom nog, want die storie is nou al aan ons bekend.

Hier stap jy nie onaangeraak weg nie. Ons is almal freaks hier is meer as net kommentaar op ons behandeling van vroue, van mekaar en van vreemdelinge. Dit is ’n koue, harde blik in ’n spieël wat ons nie durf vergeet nie.

Nicole Holm se uitstekende regie wys weer dat as daar ooit ’n lyn tussen vermaak en protesteater was, dit net in ons koppe bestaan.

Gaan kyk dit!

  • Ons is almal freaks hier. Prince Vincent-gebou. Dinsdag om 20:00 en Woensdag om 09:00.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.