Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skryf van resensies: Wees eerlik of swyg eerder
Pieter-Dirk Uys. Foto: Stefan Hurter

Die bekende resensent Lyn Gardner sit die skryf van ’n resensie in The Guardian as volg uiteen (vryelik vertaal): “Die eerste reël is dat daar geen reëls is nie – jy skryf ’n resensie om uitdrukking te gee aan jou gedagtes en gevoelens oor ’n verhoogproduksie; jy lê nie ’n eksamen af nie.

“Daar is soveel maniere van resensies skryf as wat daar persoonlike reaksies op enige produksie is. Dus is daar geen reg of verkeerd nie. Laat jouself toe om jou eie kenmerkende stem te ontwikkel en wees eerlik oor wat jy regtig dink van ’n opvoering: dra jou geesdrif oor of verduidelik jou afkeur.”

Hierby kan ’n mens voeg: Stuit vir geen duiwel nie. As jy nie ’n eerlike mening kan lug nie, swyg liewer. Verre sy dit van my om myself as resensent te beskryf. Ek maak nie ’n bestaan daaruit nie. Nogtans lug ek graag my mening. Geen mening is egter ooit die alfa en die omega van wat reg of verkeerd is nie. Al is beoordeling hoe sober, is daar altyd in ’n mate subjektiwiteit betrokke. Riglyne waarvan daar egter nie afgewyk moet word nie, sluit in persoonlike aanvalle op of aantygings teen die kunstenaars, hetsy akteurs, regisseurs of ontwerpers.

Pieter-Dirk Uys verklaar: “As satirikus wil ek mense aanstoot gee, maar ek wil hulle nie beledig nie. I want to offend people, not insult them.” ’n Resensent is nie geoorloof om aanstoot te gee of te beledig nie. Of jy ’n produksie of uitstalling goed of swak vind, moet jy jou bevinding kan motiveer. Daar is altyd standaarde en beginsels waaraan iets gemeet kan word. Die res is persoonlike indrukke, maar daar moet redes voor gegee word.

Persoonlike vriendskappe met kunstenaars mag ook nie die resensent beïnvloed nie. As jy nie eerlik teenoor jou vriende kan/mag wees nie, is nóg die mening nóg die vriendskap van waarde.

Myns insiens is ’n resensie ook nie daar om ’n opsomming of voorskou van ’n produksie te gee nie. Moontlike gehoorlede moet geprikkel word en self besluit, want die belangrikste is dat, soos genoem, almal moet besef dis net een mening en dat dit die lesers vry staan om saam te stem of te verskil.

Meer oor:  Pieter-Dirk Uys  |  Oudtshoorn  |  Resensies  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.