Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Staande ovasie vir ‘Dis opera’-konsert

RSG moet van harte geluk gewens en bedank word vir hul ondernemingsgees om arias en kore uit bekende operas in samewerking met die NWU Konservatorium aan te bied. So ook die KKNK. Saamgestel en telkens aangekondig deur die alombekende kenner Wouter de Wet, is dit 75 minute van musikale uiting gee aan gevoelens waarmee elke mens daagliks in aanraking kom.

Hier en daar was ’n minder bekende lied, maar dis met volle oorgawe deur die soliste en koor met Laetitia Orlandi voor die klavier en die dirigent Santisa Viljoen oorgedra.

Dit is met insgelyke geesdrif deur ’n musiekhonger en -dors gehoor ontvang. My weeklaag dat kunsmusiek geweldig afgeskeep word by die fees, en dat Augustus se Klein Karoo Klassique nie ’n alternatief is nie, is weer eens bevestig. Keer op keer is elke solis, elke lied, elke koorlied toegejuig.

Slegs twee aanbiedinge van die konsert is gegee.

Die jong sangers, waarvan heelwat sterre in wording is, het getoon hoeveel talent ons in die land het en dat sommige jong mense ook die klanke van kunsmusiek verkies bo die gedoef-doef waarheen die massas stroom, maar wat daagliks op televisie te sien en oor die radio te hoor is. KKNK, maak asseblief ’n aantekening.

Volgende keer moet RSG, Wouter de Wet en die KKNK ook vorendag kom met minder bekende werke sodat gehore daaraan blootgestel kan word en nuwe liefdes kan kweek. Maar, bravo!

Sestien arias en koorgedeeltes, uit die Italiaanse styl van operas, is aangebied. Dit sluit Mozart se Così fan tutte in. Ruimte laat dit nie toe dat daar by elke lied stilgestaan en van elke sanger melding gemaak word nie.

Persoonlike gunstelinge is Philna Coetzee se weergawe van Doreen se sopraanaria Fair Robin I Love uit Kirke Mechem se Tartuffe gegrond op Molière se beroemde toneelstuk; die bariton Tshilidzi Ndou se vertolking van Escamillo se Toreador-lied uit Bizet se Carmen en dan Chi’l
bel sogno di Doretta
uit Giacomo Puccinise La Rondine gesing deur ’n indrukwekkende Segomotso Shupinyaneng, sopraan.

Uiteraard was Va Pensiero of dan die Slawekoor uit Giu­seppe Verdi se Nabucco ’n geweldige gunsteling en is dit ook aan die einde as toegif deur die hele groep gesing. Dis jammer dat daar nie ’n bonuslied was nie en die teenwoordigheid van klankversterking by hierdie musiek, al is dit in hoe ’n geringe mate, is oorbodig.

Volgende keer moet RSG, Wouter de Wet en die KKNK ook vorendag kom met minder bekende werke sodat gehore daaraan blootgestel kan word en nuwe liefdes kan kweek. Maar, bravo!

Meer oor:  Rsg  |  Kknk 2018  |  Oudtshoorn  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.