
Zenn Viljoen in Baron van Reedestraat. Foto: Natalie Gabriels
Hy gooi vir ons ’n matjie uit op die gras, in die skaduwee onder die boom.
“Musiek is my alles. Ek is vir die eerste keer in my lewe gelukkig.”
Zenn Viljoen is ’n straatkunstenaar – ’n busker, soos hy homself noem – wat deel is van die straatteaterprogram. Hy speel verskeie instrumente, waaronder ’n massiewe didjeridoe.
“My hele set verteenwoordig challenges in my lewe, en ek is nie bereid om nee te sê vir ’n challenge nie.”
Viljoen se regte naam is Ruan, en hy is gebore in Napier.
Hy woon egter tans in sy stukkende ou Volkswagen Golfie.
“Ek het huur opgegee in die Kaap en ek toer nou maar rond. Hierna gaan ek AfrikaBurn toe, en ek wil nog Johannesburg toe gaan, maar daarna gaan ek oorsee.”
Zenn maak ook musiek vir jogaklasse. Hy wil graag Berlyn toe gaan sodat hy ’n groot jogafees daar kan bywoon.
Ek het huur opgegee in die Kaap en ek toer nou maar rond. Hierna gaan ek AfrikaBurn toe, en ek wil nog Johannesburg toe gaan, maar daarna gaan ek oorsee.
Viljoen het siviele ingenieurswese studeer, maar in sy vierde jaar opgeskop “om ’n punt te bewys”.
Hy sê dat die ontvangs by die KKNK teen sy verwagtinge in ongelooflik is.
“Ek was eers baie bekommerd, maar vandat ek hier opgestel het, ondersteun mense my amazingly. Hulle sê goed soos ‘dis die beste show op die fees’.”
Hy sê egter mense dink gedurig hy is Engels. “Ek is nie. Ek is net ’n gewone Boerseun.”