Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tienertoneel-wenners verdien hoogste lof
Die leerlinge van die Hoërskool Tygerberg in Innie selle is waardige wenners van die ATKV se Tienertoneelkompetisie. Foto: Natalie Gabriels

Onverbloemde lof kom die ATKV toe met hul jaarlikse landwye Tienertoneelkompetisie onder aanvoering van Lizané Basson.

Verlede jaar se wenner, die Hoërskool Tygerberg se Innie selle, is, soos wat dit die afgelope paar jaar die gebruik is, by KKNK 2018 te sien. Hiervoor verdien laasgenoemde ook groot dank.

Met die teks deur Pieter Nel en regie van die skrywer en Frans Hamman skep die negetal spelers by name Edja de Meyer, Jay-D Sanderson, Zinedine Manus, Zane Sauls, Peter-John Festus, Allesandro Dirk, J.P. Matthee, Hano Groenewald en Danté Barnard ’n klein juweel.

Alles is so netjies afgerond, die konsentrasie so volgehou, die geesdrif en oorgawe so aansteeklik dat die (volgepakte) gehoor vergeet het hulle kyk na amateurs/leerlinge. Knap spel word deurgaans gelewer en die verskeie agtergrondstories van die gevangenes wat vervleg en die dekor/meubels wat vernuftig verskuif word om verskillende ruimtes voor te stel, maak die aanbieding baie realisties en hoogs van toepassing op ons tye. Selfs die sang en dansies ontstaan organies en
is in voeling met die werklikheid. Die solosang met “Love For Sale” ruk die hart.

Gelukwense aan al die betrokkenes. Daar is groot hoop vir Afrikaans en Afrikaanse toneel.
Griesselsaal. Vandag om 10:00.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.