Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Top-verkoper by die fees: ‘Lang man sonder skaduwee’

Tot ’n dag voor die einde van KKNK 2018 was die boek Die lang man sonder skaduwee deur Antoinette Pienaar (saam met Johannes Willemse), die topverkoperboek in die ATKV-Boeke-oase.

Van die ander boeke wat van die beste verkoop, is 16 Dinge wat ek nie moes sê nie (Rian van Heerden), My storie van hoop (Hykie Berg), 30 (Herman Lensing), Martelize kook! Jy’s genooi (Martelize Brink) en Die De Zalze-moorde (Julian Jansen).

Die beste verkopers van die spanningsromans is Redelike twyfel (Chris Marnewick), Gif­beker (Irna van Zyl) en Ys (Rudie van Rensburg). Dié drie skrywers het ook in die Boekgesprek­reeks opgetree.

Die Boeke-oase-bestuurder,

Ian Denniwill, het aan

Krit gesê boekverkope by die KKNK is fluks, maar presiese verkoop­syfers is nog nie beskikbaar nie. Hy word bygestaan deur Annette van Heerden en Laurette Cam­pher.

Boekliefhebbers maak ook goed gebruik van die tafels met boeke van die uitgewer LAPA waarvan die pryse kwaai gesny is, spesiaal vir die fees. Nog ’n pluspunt is dat BTW van 14 persent steeds geld, omdat dit voorraad is wat voor 1 April bestel is. “Die boeke dra ook nog ou pryse – dit styg binnekort.”

Die personeel agter die goeie verkope in die ATKV-Boekeoase is Laurette Campher, Ian Denniwill en Annette van Heerden. Foto: Marlene Malan

Eben Pienaar, wat NB-Uitgewers by die fees verteenwoordig en verantwoordelik was vir die reël van die NB-skrywersprogram, sê van dié uitgewer se beste verkopers landwyd is My storie van hoop, Spertyd (Elsa Joubert), 16 Dinge wat ek nie moes sê nie, Boerekos met ’n twist (Annelien Pienaar) en Die ou vrou en die priester en ander verhale (Cecile Cilliers), asook Stormkind (Riana Scheepers) en Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) (André le Roux). Nog gewilde boeke is Hans steek die Rubicon oor (Rudie van Rensburg), Coalition Country (Leon Schreiber), asook die jeugboeke Blou is nie ’n kleur nie (Carin Krahtz), Soen (Jan Vermeulen) en Die vloek van Vreesbaai (De Wet Hugo) en Cecilia Steyn se Tienerharte-reeks (Hartklop, Hartebreker, Hartedief en Hartsnaar).

Volgens Pienaar is Ys (Rudie van Rensburg) en Ek & Jy – Verhoudings wat werk (Louis Awerbuck en Lise Swart) splinternuut en is op die KKNK bekend gestel.

“Dié boeke het reguit van die drukker na die fees gekom. Albei verkoop uitstekend.”

’n Entoesiastiese jong leser soek haar gunstelingboeke uit in die ATKV-Boeke-oase. Foto: Marlene Malan

Van Rensburg se ander spanningsverhale – Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze en Op die spoor van – is baie gewild, sê hy.

NB se heel beste verkopers bly egter al Deon Meyer se boeke, en sedert Oktober verlede jaar ook Jacques Pauw se The President’s Keepers.

“Ons moet onthou Deon het 27 uitgewers wêreldwyd. Gemiddeld word sowat 50 000 eksemplare per boek van hom net in Afrikaans verkoop. Tot nou staan die verkoopsyfer van sy jongste boek, Die vrou met die blou mantel, op nagenoeg 30 000.”

Saam met die Harry Potter-reeks (Engels) van jare gelede het die verkoopsyfers van The President’s Keepers tot nou alle verwagtinge oortref: Van Pauw se boek het tot nou byna 170 000 eksemplare verkoop.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Boeke  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.