Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waarom maak en beleef die mens kuns?

Van die vroegste dae af het die mens begin skep. Hiermee gee hy uiting aan sy gevoelens met teken, beeldhou, sang, dans, vertellings en later skryf, toneelspel, musiek komponeer en uiteindelik fotografie. Deur middel van die kuns deel die mens sy eie gewaarwordings, ervarings en gevoelens met ander. In die eerste plek is die kuns­te dus ’n baie sterk vorm van kommunikasie.

Die enigste werklike maatstaf vir enige vorm van kuns is eerlikheid.

Dit word gesê dat die teater (toneel) ’n spieël ophou na die samelewing waarin mense hul eie omstandighede, swakhede, kragte en so meer weerkaats sien. Dit geld eintlik ook vir al die ander vorme van die kunste, dus gee dit insig en is dan in die tweede plek leersaam en opvoedkundig. Kuns – veral die geskrewe en die gesproke woord – mag egter nooit prekerig of pedanties word nie. Daar is groot ruimte vir proteskuns, maar dit mag ook nie voorskriftelik raak nie. Die kuns moet ’n situasie uitbeeld, maar altyd die toeskouer of toehoorder toelaat om sy eie gevolgtrekkings te maak. Dit is nie die rol van die kunstenaar om predikant, politikus of leerkrag te wees nie. Die kunstenaar is by uitstek die vertolker van die lewe.

In die derde plek moet kuns altyd vermaak. Dit moet die kyker of toehoorder ook emosioneel aanraak deur hom te laat lag, huil, kwaad te maak. Al is die kuns hoe ernstig, hoe realisties, abstrak of surrealisties, mag dit nooit die element van vermaak oor die hoof sien nie. Vermaak beteken nie net komedie die. Die swaarste kuns kan steeds vermaaklik wees.

Vierdens is kuns een van die hoogste vorme van kultuur en kultuur is baie nou verbonde aan die mens se geestelike waarde. Hoe meer opgevoed hy is, hoe sterker staan sy kultuur- en dienooreenkomstig kunsgevoel. Dit is dus deel van die opvoedkundige taak van kuns, maar gaan hier meer oor die mens se geestesgesondheid en lewensuitkyk.

Die enigste werklike maatstaf vir enige vorm van kuns is eerlikheid. Sodra dit ’n bedekte agenda dra of in welke opsig oneerlik is, verloor dit alle waarde. Eerlikheid maak die kuns blywend. Sonder kuns sal die mens ’n baie minder ontwikkelde en gelukkige wese wees.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Kuns  |  Krit  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.