Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wicus en Dolla verf ook saam
Wicus van der Merwe (agter) en Margit Meyer-Rödenbeck besig met die funksionele kunswerk voor die Oudtshoorn-biblioteek.

Margit Meyer-Rödenbeck en Wicus van der Merwe speel ook visuele kunstenaars vir die Absa Maakit Mooi- funksionele kunswerk voor die Oudtshoorn Openbare Biblioteek.

Die kunswerk sal gedurende vanjaar se fees voltooi word deur lede van die publiek, wat genooi word om tot die verfraaiing van die dorp by te dra deur ’n reeks geometriese vorms te verf. Dit sal uiteindelik ’n looppad tot by die biblioteek se ingang vorm.

Daar is vier ander funksionele kunswerke wat saam die Maakit Mooi-projek vorm, wat kuns uit galeryruimtes neem en dit reg in die hartjie van Oudtshoorn plaas om interaktiewe installasies te skep wat vorm en funksie vermeng.

Vier van die installasies is die resultaat van samewerking tussen Absa L’Atelier-kunstenaars, wat rondom die 2018 L’Atelier-tema – Gee Kuns Lewe – gewerk het. Die kunswerke is: Wipplank deur Maral Bolouri en Elias Njora (De Jager-sportsentrum, Voortrekkerstraat); Never Out of Touch deur Dale Lawrence en Banele Khoza (hoek van Voortrekker- en Baron van Reedestraat); Neseiers deur Priscilla Kennedy en Bright Ackwerh (Pick n Pay Sentrum, Voortrekkerstraat) en Kringe om die Maan deur Wilma Nell en Man­yatsa Monyamane (kruising van Vrede- en Langenhovenstraat).

“Die Absa Maakit Mooi-projek is ’n aanduiding van ons verbintenis tot die kunste in Suid-Afrika,” sê David Wingfield, hoof van bemarking by Absa.

“Deur kuns deel te maak van die alledaagse lewe van die mense van Oudtshoorn – die tuiste van een van die land se mees toonaangewende kunstefeeste, naamlik die KKNK – hoop ons om die inspirerende krag van kuns met ’n wyer gehoor te deel en die kragtige uitwerking wat dit op gemeenskappe kan hê, te toon.”

Absa se kunskurator, dr. Paul Bayliss, sal elke oggend van 08:30 tot 09:30 gratis begeleide kunstoere vir feesgangers aanbied. Dit sal by die Absa Rooiplein in die nuwe kuierbuurt begin.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Verf  |  Kunstefees  |  Kuns  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.