Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wysheid vir jonges

DIÉ titel vang jou onkant. Jy het dan gedink alle meerminne kan swem, vir wat sal een kastig lesse nodig hê?

Swemlesse vir ’n meermin, besef jy egter gou, is eerder ’n soort handleiding oor hoe om kop bo water te hou in ’n tyd dat jy nóg vis nóg vlees is: die tienerjare. Vervelig? Dink weer.

Marita van der Vyver stel Hanna Minnaar, hoofkarakter in Die Ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, hier aan die woord.

Hanna skryf die boek vir haar babasussie, sodat sy dit kan lees wanneer sy in Julie 2015 eindelik 13 jaar oud is.

Sy verduidelik: “My teorie is dat dieselfde soort vergeet-hormoon (soos by die geboorteproses) afgeskei word sodra mense hul tienerjare agterlaat . . . Dís hoekom ek hierdie – kom ons noem dit maar ’n ‘gids’ – nóú vir jou wil skryf, voordat ek ook eendag ’n vergeetagtige grootmens word.”

Teen dié tyd, skryf Hanna, sal sy al byna 30 jaar oud wees. Volwasse en lewenswys vir haar 15 jaar deel Hanna raad oor die stormagtige tienerjare met haar kleinsus. Hanna se teorieë, filosofieë en pittighede sal jou laat skater, maar jou ook jou kop laat knik. Die situasies waarin sy beland, is darem net te bekend. Sy skryf oor liefde, familie, vriendskap, selfs klere. Haar eie verhaal ontvou en sy leer self ’n paar lewenslesse by.

Hoewel op tienermeisies gerig, sal seuns ook aanklank vind by die temas. Selfs volwassenes sal lekker lees. )

Marais is ’n subredakteur vir Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante, waarvan Kroonnuus een is

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.