Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aansoeke vir mark ingewag

Die aansoeke vir stalletjies op die Vrystaat Kunstefees se kunsmark is oop.

Dié fees vier in 2020 sy 20ste bestaansjaar en daar gaan groot partytjie gehou word.

Atie Kamper, kunsmarkorganiseerder, sê die mark is op soek na unieke produkte van ’n hoë gehalte – en as jy by jou stalletjie aan jou trots Suid-Afrikaanse produkte werk, nog beter.

“Hou in gedagte dat almal op hierdie blou planeet ons deel vir natuurbewaring en ons nageslagte moet doen. Wees dus skeppend met herwinbare materiale en produkte.

“Onthou dit is ’n kunsmark – handgemaakte klere, juwele, speelgoed, skilderye en ingelegde produkte kry voorkeur.”

Om aansoek te doen, gaan na vrystaatkunstefees.co.za en klik links bo op die blokkie aansoeke. Rol dan af met jou muis, klik op aansoek en begin invul.

’n Bewys van betaling vir die administrasiegeld van R280 moet saam met die aansoek ingedien word.

As jy belang stel, vermeld dit in die blokkie vir motivering aan die einde van die aansoekvorm.

Maak ook seker jy het jou bewys van betaling, ID, paspoort of permit en jou foto’s byderhand wanneer jy die vorm invul.

Slegs aansoekvorms wat aanlyn ingevul word, sal aanvaar word.

Rig navrae aan Kamper by 051-404-7811.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.