Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afleiding bly binne perke

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het Donderdag (25/06) die regulasies wat betref die heropening van restaurante, casino’s en fliekteaters bekend gemaak.

Dit is soos volg:

  • Mense mag by enige restaurant uiteet, maar alkohol mag nie bedien word nie. Daar is geen beperking wat betref die ure dat restaurante oop mag wees nie. Daar is ook geen beperking op die aantal klante op ’n slag in ’n bepaalde restaurant nie. Nagklubs en sjebiens bly gesluit.
  • Mense mag tussen 06:00 en 18:00 oefen in groepe van nie meer as vier nie. Gimnasiums en ander infrastruktuur wat vir sport gebruik word, bly gesluit.
  • Reis vir ontspanningsdoeleindes word gemagtig, maar dit lyk steeds nie asof reisigers provinsiale grense mag oorsteek nie.
  • Solank biblioteke, museums en kunsgalerye aan gesondheids­vereistes voldoen, mag hulle oopmaak.
  • Daar mag net 50 mense op ’n slag in ’n fliekteater wees. Bespreking is noodsaaklik.
  • Casino’s mag net 50% van beskikbare vloerruimte gebruik. Casinogangers moet 1,5 m van mekaar sit. Alkohol mag nie bedien word nie.
  • Konferensies met 50 mense kan vir werksdoeleindes gehou word.
  • Teaters mag produksies aanbied. Net 50 teatergangers op ’n slag mag dit bywoon. Boonop word die hele geselskap wat die produksie aanbied – kunstenaars ingesluit – tot 15 mense beperk.
  • Die regulasies stel dit duidelik dat “akkommodasie-instellings wat nie formeel geakkrediteer en gelisensieer is nie, soos private huise vir betaalde ontspanningsverblyf” gesluit bly.
  • Suid-Afrikaners kan nie strand toe gaan of in die park gaan stap nie. – Elvira Wood, Netwerk24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.