Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Balle gaan rol op gholfsetperk

Die bal is aan die rol gesit met regte rolballe en gholfspelers wat saamspan om ’n pret-rolbaldag aan te bied.

Dit vind op Saterdag 14 Julie van 10:00 op die gholfbaan van die departement van korrektiewe dienste (DKD) plaas.

Slegs 20 spanne kan geakkommodeer word, sê Christo Fourie, organiseerder.

“Die dag beloof om uiters genotvol en besonders te wees.

“Nie net speel deelnemers rolbal op ’n gholfsetperk nie, maar spelers kry ook die geleentheid om te stap en die natuur te waardeer, terwyl daar voldoende tyd sal wees vir geselsies en bespreking van ‘spantaktiek’,” sê Fourie.

Deelnemers speel rolbal op tien verskillende setperke, elk met uitdagings.

Twee koppe per setperk word gespeel.

Ander rolbalspelreëls sal geld.

Die twee spanne wat die beste vaar, sal in ’n eindronde van drie koppe op die setperk voor die klubhuis uitspeel om die posisies te bepaal.

Inwoners is welkom om die talent van die spelers te aanskou.

Groot pryse is op die spel vir wenners en naaswenners.

“Slangbytserum”, “opkikkers”, “losmakers” en “energievloeistowwe” sal tydens hierdie pret-rolbaldag te koop aangebied word om as “noodvoorsorg” te dien, sê Fourie.

Rolballe sal voorsien word indien nodig.

Ná die rolbalprogram sal daar ’n setkompetisie aangebied word met ’n prys vir die wenner.

Inskrywingsgeld beloop R200 per span van vier lede.

Al die geld wat met die dag se verrigtinge ingesamel word, sal vir liefdadigheid gebruik word.

Verversings sal te koop aangebied word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Julie.

Inskrywings kan by Koffie Nel by die gholfklub by 056-215-1714 gedoen word of per e-pos by christoff4u@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.