Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Balle mag weer rol

Die Kroonstad-rolbalklub is weer oop.

Spelers is verheug ná die aan­kondiging op Donderdag 16 Julie dat hulle weer na die baan mag terugkeer.

Ná ’n afwesigheid van sowat 17 weke kry spelers die geleentheid om hul geliefde sportsoort weer te beoefen, hoewel dit soos met al die ander sportsoorte onder die toe­passing van nuwe regulasies moet plaasvind.

“Oor die land heen mag rolbalklubs heropen, mits hulle die nuutste protokolle vir gesondheid en veiligheid ingestel het,” het Rob Forbes, president van rolbal Suid-Afrika, bevestig.

Op Saterdag 18 Julie was spelers terug in aksie op die baan by die Kroonstad-rolbalklub.

Die klub gee op Woensdae en Saterdae om 14:00 toegang tot sy bane.

Spelers wat hier wil speel, moet die baan ’n dag voor die tyd bespreek.

Vir meer inligting of om besprekings te doen, bel Charl Sieberghagen by 082-680-6655.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.