Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bedrieër gevonnis

Johan Vergottini (54), ’n veespekulant van Kroonstad, het ’n opgeskorte vonnis van tien jaar tronkstraf gekry nadat hy Goudveldse veeboere uit bykans R1 miljoen bedrieg het.

Vergottini is in 2016 in Parys in hegtenis geneem nadat twee boere ’n klagte teen hom ingedien het.

Dr. Francois Delport van Hennenman en Eben Bezuidenhout van Theunissen het ’n klagte teen Vergottini ingedien nadat hy ’n veebemarker, Chris de Beer, genader het om vir hom vee te soek. De Beer, wat al meer as 30 jaar met die boere sake doen, het Bezuidenhout en Delport genader.

Die twee mans het die vee aan De Beer toevertrou. Vergottini het nooit vir die vee betaal nie, en toe Bezuidenhout op betaling aandring, het Vergottini R2 in Bezuidenhout se bankrekening inbetaal.

Vergottini is op Maandag 4 Februarie ingevolge ’n pleitooreenkoms in Virginia se rondgaande hof gevonnis.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ao. Eugene Steyger van die veediefstaltak op Odendaalsrus het die saak ondersoek. Thakeng sê nadat Vergottini in 2016 in Hennenman in die hof verskyn het, is die aanklaer met ander klagte oor Vergottini oorval.

Die verhoor is na die rondgaande hof in Virginia oorgeplaas, waar Vergottini op sewe aanklagte van bedrog ter waarde van R900 000 skuldig bevind is. Daar is aanvanklik 13 klagte teen hom aanhangig gemaak. Vergottini is ingevolge ’n pleitooreenkoms skuldig bevind en tot tien jaar tronkstraf en drie jaar korrektiewe toesig gevonnis. Die vonnis is in geheel opgeskort op die voorwaarde dat Vergottini die klaers vergoed en die R900 000 waaruit hy hulle bedrieg het, terugbetaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.