Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beplan omgee met invloed

’n Vrywilliger is iemand wat sonder betaling, maar ook sonder moeite en met lus vir die lewe, ’n positiewe verskil in iemand of ’n dier se lewe wil maak, of in ’n omgewing.

In Kroonstad is soveel engele wat maklik die moue oprol en inspring om in nood ’n verskil te maak.

Hulle kan verseker wees dat die onbaatsugtige diens nie ongesiens verbygaan nie.

Vanjaar sou wyle oud­president Nelson Mandela 100 jaar oud geword het.

Wat gaan jy vanjaar doen om die nalatenskap van dié groot wêreldleier te eer, met iets goeds vir jou medemens of die omgewing?

Om skoon te maak is bevrydend. Om uit te deel gee genoegdoening.

Maak jou besluit oor hoe jy ’n verskil gaan maak en beplan nou reeds aan ’n projek vir Mandeladag.

Dié dag word op 18 Julie gevier, maar die gees daarvan hou die hele maand.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.