Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beter bulle voorberei

Bonsmaraboere kan hulle regmaak om volgende jaar van die land se beste bulle by groter, maar ook kleiner, telers te koop nadat ’n landbou­maatskappy gehelp het om bulgroeitoetse vir bonsmaratelers by Eden­ville te laat doen.

Nick Serfontein van Sernick het besluit om die toetse te laat doen omdat die vraag na gehalte-bulle oor die jare toegeneem het.

Die bonsmara-ras het in een van die gewildste kommersiële vleisbeesrasse in die land ontwikkel, wat die vraag na veral bulle wat deur die beproefde bonsmara­stelsel aan die mark beskikbaar gestel is, drasties laat toeneem het.

Heelparty boere het goeie bulle, maar hulle het nie genoeg diere om op hul eie produksieveilings te hou nie.

Daarom het die landboumaatskappy sy geriewe aan dié boere beskikbaar gestel om bulgroeitoetse in die intensiewe groeifase te doen, aldus ’n mediaverklaring.

Die Hoëveld-bonsmaraklub, wat telers in die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng bedien, het saam met Serfontein besluit om die geleentheid te skep waardeur alle telers, ook dié wat nie produksieveilings hou nie, hul diere kan verkoop.

’n Rekordgetal bulle (114) is deur 23 telers vir die toetse ingeskryf, sê Sara-Lea van Eeden, woordvoerder vir die maatskappy.

Van Eeden sê die bulle het baie goed presteer en spog met ’n gewigstoename van gemiddeld 1,778 kg per dag oor 84 toetsdae en ’n gemiddelde voeromset­verhouding van 6,24:1.

Die bulle wat aan die telers­genootskap se minimum produksievereistes voldoen en die visuele inspeksie slaag, sal by Sernick bly vir die klubveiling wat in Oktober 2020 gehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.