Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bloed kan lewens red in Paastyd

Bloedskenkers kan hierdie Paasfees hul deel doen om lewens te red.

“Dié jaar word daar nie net na Paaseiers gesoek nie, maar ook na toegewyde bloedskenkers,” sê Bronwyn Petersen van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se Kroonstad-tak.

Bloedskenkers kan duisende mense, moeders in kraam, kankerlyers en slagoffers van ongelukke ’n tweede kans gee.

Die SANBD se daaglikse behoefte is 3 000 eenhede bloed. Elke eenheid bloed kan drie lewens red.

Gedurende vakansietye en langnaweke bereik bloedvoorraad egter altyd ’n laagtepunt.

SANBS wil dus hiermee ook alle bloedskenkers hartlik bedank vir hul getroue ondersteuning en hulle moedig ook nuwe skenkers aan om te kom bloed te skenk.

Om ’n bloedskenker te wees, moet ’n mens:

  • 16 tot 65 jaar oud wees;
  • meer as 50 kg weeg; en
  • ’n veilige seksuele leefstyl lei en gesond wees op die dag van die skenking. Dit is ook belangrik dat mense eet voordat bloed geskenk word.

Die SANBD se Kroonstad-tak nooi die gemeenskap om Donderdag (11/04) van 10:00 tot 20:00 by die Kroonstad-bloedbank hul bydrae te kom maak.

Die doel is om 70 eenhede bloed in te samel.

Dít kan 210 lewens in hierdie Paastyd red.

Vir meer inligting, skakel 056-212-2862.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.