Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bobbejaan se skietdood ontstel

Kees het verlede week die rondte van Vader Cloete in die middedorp en Oudorp van Kroonstad gedoen.

’n Rondloperbobbejaan is op Maandag 3 September in Allan­straat, Kroonheuwel, gesien en later by die duiweklub naby die S-brug by Maraisstraat. ’n Soektog is in samewerking met die Kroonstad-buurtwag en die honde-eenheid van die Kroonstad-polisie begin om die dier aan te keer.

Só ’n bobbejaan kan ’n siekte soos hondsdolheid dra en kan gevaarlik vir mense, diere en veral klein kinders wees, het kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, gesê.

Die volgende dag (04/09) is die bobbejaan op die dak van Autozone waargeneem. Daarna is hy by die Ivory Palms-woonstelle opgemerk.

Thakeng het gesê die dier is eindelik twee keer deur ’n gelisensieerde wapenhanteerder geskiet. Die dier het ’n bedreiging vir die nabygeleë kleuterskool gebied.

“Daarom is bobbejaan toe dood geskiet,” het Thakeng gesê.

Al die stappe van die optrede het onder die wakende oog van die honde-eenheid, amptenare van die departement van natuurbewaring en die buurtwag plaasgevind, het Thakeng benadruk.

Volgens hom is die karkas na kundiges geneem om vas te stel of die dier moontlik siektes soos hondsdolheid kon hê.

Dr. Tonia Anthonissen, staatsveearts, het aan Kroonnuusgesê dat die karkas nie na dié praktyk gebring is vir ontleding nie; die praktyk is ook nie genader toe die dier aangekeer is nie. Wilde diere of katte en honde wat ongewoon optree, kan by die staatsveearts by 056-212-3126 aangemeld word.

Thakeng het gesê dit is onbekend van waar die bobbejaan gekom het en die plaaslike DBV en natuurbewaring is genader om ondersoek te doen.

Geen klag is oor die bobbejaan se dood of aanhouding, indien van toepassing, by die polisie aanhangig gemaak nie.

Intussen gons dit op die sosiale media dat die dier eerder met medikasie verdoof moes word en nie summier geskiet word nie. Hieroor sê die buurtwag dat sodaninge verdowingsmiddels tot R2 000 sou kos.

“Ek is baie kwaad. Die DBV is nie genader om te help nie. Ons sou die koste van die verdowing met graagte betaal het,” het Esta Müller, voorsitter van die plaaslike DBV, gesê.

“(Dít) nadat ek die Vrydag (31 Augustus) reeds gesê het die mannetjiesbobbejaan moet verdoof word, sodat ons op die regte wyse die dier na ’n rehabilitasiesentrum kan vat en behoorlik laat ondersoek. Die DBV het die kontakte om dit te kan doen.

“Die dier was al sowat vyf maande in die dorp en het nie skade aangerig nie. Verwydering uit die dorp en rehabilitasieprogram vir die dier moes eerder as opsie oopgehou word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.