Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bobby ryg medaljes in

Die bekende atleet van Kroonstad Bobby de Kock (74) het uitstekend op die nasionale meestersaletiekbyeenkoms op 3 en 4 Mei in Oudtshoorn gevaar.

Hy het in die ouderdomsgroep 70 tot 74 jaar aan die volgende nommers deelgeneem: 200 m, 800 m, 1 500 m, 2 000 m-hindernis en verspring.

Hy het goue medaljes in die 800 m en 1 500 m, silwermedaljes in die 5 000 m, 2 000 m-hindernis en verspring verower.

In die 200 m het hy ’n bronsmedalje verwerf.

Al die medaljes is op die nasionale atletiekstandaard verwerf.

Hy het ook op 30 Maart aan die nasionale meestersatletiekbyeenkoms op die Pilditch-stadion in Pretoria puik gevaar.

Daar het hy goud in die 2 000 m-hindernis, 1 500 m, die 200 m en verspring en silwer in die 5 000 m en 100 m verwerf.

“Ek wil graag my medelede van die Kroonstad-multisportklub bedank vir hul volgehoue ondersteuning en aanmoediging, dit is wat alles die moeite werd maak.”

“Ek is ook dankbaar vir ons Hemelse Vader wat my nog krag gee om op dié ouderdom te presteer” sê Bobby.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.