Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boere oes hier kennis

Die grootste jaarlikse landbou­tentoonstelling in die Suidelike Halfrond, Nampo, vind van vandag (15/05) tot Vrydag (18/05) op Nampopark buite Bothaville plaas.

Dié week se bedrywighede word deur Graan SA aangebied.

Die verwagting is dat verlede jaar se besoekertal van 78 648 oorskry sal word.

Die tema vir vanjaar is “Effektiwiteit met tegnologie”. Landbouers en belanghebbendes in die bedryf kan hier die nuutste en mees gevorderde landboutoerusting en -tegnieke van nader beskou.

Graanprodusente kan volgens Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, uitsien na meer as 740 uitstallers.

’n Vroueprogram word aangebied. Besoek die webtuiste vir die volledige program.

De Villiers is beïndruk met die beleggingsvertroue van onder meer Israel, Pole, Engeland, Amerika, Argentinië, Indië, Frankryk, Denemarke, China, Turkye en Rusland wat vanjaar aan Nampo deelneem.

Opbetaalde lede van Graan SA het gratis toegang tot die tentoonstelling en kaartjies kan vooraf elektronies verkry word.

Verbeterde rusplekke en eet- en drinkgoed sal in besoekers se smaak val.

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad sal vanjaar die teetuin beman.

Nampo is ook familievriendelik en daar is geen verskoning om die jonges tuis te laat bly nie.

Besoekers wat hul brood en botter uit die graanmarkte verdien, kan op die terrein Safex-markte dophou en die toepassing van Graan SA aflaai.

’n Wye verskeidenheid teler­genootskappe sal diere ten toon stel.

Nuwe voertuie word onder meer ook bekend gestel.

Nog ’n gewilde aktiwiteit is die jaarlikse boerepatente-kompetisie, wat ’n groot trekpleister is. Dit sal die 30ste jaar wees dat Graan SA en Omnia dié kompetisie aanbied.

Toegang kos R90 per dag vir vandag en Vrydag en R100 per dag vir Woensdag en Donderdag.

Die hekke open daagliks om 07:00 en sluit om 17:00.

’n Landingstrook is ook op die terrein beskikbaar vir mense wat per vliegtuig na die tentoon­stelling wil reis.

Graan SA maan besoekers wat op die paaie reis om versigtig op die toegangsroetes na Nampopark te bestuur.

Besoek www.grainsa.co.za om te sien watter paaie, veral dié van Kroonstad af, om te vermy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.