Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boere-unie hef gemeenskap op

Die Steynsrus-distriksboere-unie woel en werk nie net om dié gemeenskap nie net in die boeregemeenskap op te hef nie, maar ook inwoners van die dorp wat by die unie se werksaamhede baat.

“Hoewel georganiseerde landbou daarop ingestel is om eerstens landboubelange te bevorder, reik die unie na die mens op straat in Steynsrus uit,” sê Louis Koch, voorsitter van die unie.

Die ledetal van die unie is nagenoeg 60, wat familieboerderye insluit.

Vanjaar het die unie 11 nuwe lede gewerf, en “almal is betrokke by die reël van byeenkomste”, sê Koch.

Die jongste lid is 23 jaar oud, terwyl die oudste lid dr. Rudolph Bigalke 85 is.

Koch sê wyle dr. Ap de Villiers het geen unie-uitstappie gemis nie.

“Hy het orals met sy krukke saamgegaan en aktief aan die unie se bedrywighede deelgeneem. Só betrek ons jonk én oud,” sê hy.

Streng bestuur van elke fonds word toegepas.

Die OOD-fonds, só genoem omdat die voertuigregistrasie van Steynsrus OOD was, het vanjaar mediese noodbystand verleen aan inwoners van die dorp vir ’n kankerlyer, ’n pasiënt wat ’n katarakoperasie moes ondergaan en ’n vrou wat noodbehandeling vir ’n spinnekopbyt moes kry.

Die unielede het vanjaar ’n mini-boeredag aangebied, eur die loop van gedurende die jaar het die unielede onder meer ’n Mini-boeredag, knelpunte oor veiligheid en sekuriteit bespreek, grondbelasting en sy gevolge aangepak, die toestand van paaie en onderhoud bestry en uitstappies na Bayer en plase in die distrikwaar proewe geplant is, onderneem.

Koch sê lede se gesinne word ook by praatjies betrek, en ’n hoogtepunt is die jaarlikse gesinsvergadering waar insiggewende praatjies oor onder meer volhoubare en weerbare leefstyl gelewer is.

Hy sê die leuse van die unie is: “Moenie fout vind nie. Vind ’n oplossing”.

Dié boere-unie is vanjaar as naaswenner van Vrystaat Landbou se kompetisie vir die beste boere­vereniging of -unie aangewys. Hertzogville se boerevereniging is die wenner. Die boereverenigings/-unies moes vir die kompetisie inskryf en voorbeelde van projekte, boeredae en gemeenskapsbetrokkenheid voorlê.

In 2010 is Steynsrus se unie ook as naaswenner aangewys, en die afgelope drie jare het hy ’n derde plek behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.