Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boodskap sterk uitgedra

’n Kragtige boodskap is deur vroue van Viljoenskroon oorgedra ter ondersteuning en bewusmaking van die landwye veldtog vir die bekamping van geweld teen vroue en kinders.

Die vroue van InteliGro Viljoenskroon het almal, met hoëhakskoene aan, foto’s laat neem om die boodskap te steun.

“ ’n Sterk vrou staan vir haarself op en ’n sterker vrou staan vir almal op,” sê dié vroue.

Vanjaar strek die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders van 25 November tot 10 Desember.

Die veldtog daag alle land­burgers uit om geweld teen die weerloses in die gemeenskap te staak en te help voorkom.

Pres. Cyril Ramaphosa het die afgelope week tydens verskeie media-onderhoude dit duidelik gemaak dat hy dié bewusmaking ondersteun en nie geweld teen vroue en kinders sal duld nie.

Daar is egter probleme waardeur die regering in die gesig gestaar word om dié geweld hok te slaan. Voorbeelde hiervan is onvoldoende hulp aan slagoffers weens ’n tekort aan kundiges soos maatskaplike werkers, en die regstelsels wat slagoffers faal.

Dié geweldsmisdaad sal nie oornag verdwyn nie en dit sou voordelig wees as die regering baie meer gespesialiseerde kundiges kan aanstel.

Intussen word die boodskap uitgedra dat dit noodsaaklik is om ’n stem te gee aan vroue en kinders wat hulself in sulke situasies bevind, hulle te help en daadwerklik te ondersteun. Dit blyk dat party slagoffers so bang en vasgevang in hul omstandighede is dat die uiteinde soms selfs noodlottig is.

Angs en vrees verhoed hulle om te praat. Dit is dus elke landsburger se verantwoordelikheid om geweld teen vroue en kinders wat onder hul aandag kom onmiddellik by die naaste polisie­kantoor of howe aan te meld.

Die gemeenskap het ’n aandeel in die verlening van hulp aan die weerloses.

LifeLine se hulplyn­nommer vir die aanmeld van gesinsgeweld is 0800-150-150.

Aktiviste het die datum 25 November in 1981 die eerste keer uitgesonder as ’n dag om breër bewustheid te skep om geweld teen vroue te bekamp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.