Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brand reik wyd

’n Verwoestende brand het Donderdag (06/09) van plase teenaan die Valsrivier op die Viljoenskroon-pad buite Kroonstad, oor drie groot teerpaaie, landerye (met byna geen gewasse of oesreste op nie), brandbane en ander voor­sorgmaatreëls oor 30 km, tot naby aan die Bothaville-pad, gewoed.

Twee boere van Kroonstad, Burnie Staal en Mof Myburgh, het ernstige brandwonde tydens die blus van die brand opgedoen.

Kosike Staal, Burnie se vrou, het aan Kroonnuus gesê dat Burnie in pyn verkeer en sy hande, arms, neus en ore is ernstig beseer. Hy is in die Netcare Kroon-hospitaal ge­hospitaliseer.

“Burnie het baie pyn, maar is vol moed,” sê Kosike.

Die Staals het nagenoeg 2 000 ha weiding in die brand verloor.

Kosike sê die gemeenskap het soos een man saamgestaan om die verwoestende brand te blus.

Hul plaasopstal is op ’n stadium deur die vuur, wat deur ’n sterk wind voortgedryf is, bedreig.

Die oorsaak van die brand is nie amptelik bekend nie.

Kosike sê die vuur het Burnie, wat die brandbestrydings­toerusting hanteer het, oorval.

“Die enjin van die brand­bestryder is heeltemal uitgebrand,” sê Kosike.

Die plaaswerker agter die stuur van die bakkie het wonderbaarlik min beserings opgedoen en het die rook binne die kajuit oorleef, sê sy.

“Die bystand deur middel van boodskappe van die gemeenskap aan Burnie is net te veel en ek kan nie almal antwoord nie.

“Baie dankie aan almal wat op welke wyse ook al ons bystaan.”

In dieselfde brand is nog ’n boer, Mof Myburgh, ernstig beseer.

Hy is na ’n Gautengse hospitaal oorgeplaas.

Teen druktyd kon Kroonnuusnie inligting oor sy toestand kry nie.

  • In ’n afsonderlike brand in die Heuningspruit- en Rooiwal-omgewing is nog ’n boer van die distrik, Dawid Steenkamp, ernstig beseer.

Hy het ook verwoed probeer om ’n brand, waarin hy sowat 400 ha weiding verloor het, te bestry.

Hy het gedeeltes van die veld met ’n trekker en dis gesny in ’n poging om ’n brandbaan te maak.

Die vlamme het egter te naby aan die trekker gekom en die enjin het weens ’n tekort aan suurstof uitgesny.

Steenkamp is in die Netcare Kroon-hospitaal behandel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.