Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brandblus bly ’n krisis

’n Herwinningsonderneming in Kroonstad het skade gelei nadat ’n brand op die perseel ontstaan het.

Hoewel die brand – wat nie baie groot was nie – geblus is, bestaan kommer omdat die Moqhaka-munisipaliteit steeds nie ’n brandweerwa het nie.

“Die enigste voertuig van die brandweer op die toneel was ’n Citi Golf, asook ’n watertrok,” sê Nick Muller, ’n raadslid wat ook na die toneel ontbied is.

Dié vragmotor met ’n watertenk is nie ’n brandweerwa nie, maar het wel ’n pomp wat water kan spuit – egter nie met genoeg drukking nie.

’n Buurtwagpatrollie het Donderdagaand (07/02) omstreeks 21:00 rook en vlamme by die onder­neming in Dr. Piet de Vriesrylaan opgemerk. Lede van die patrollie het die brandweer in kennis gestel en ingespring om die vuur te blus.

“Die brandweer het omstreeks 21:00 ’n oproep oor die brand in Dr. Piet de Vriesrylaan ontvang,” sê Dika Kheswa, woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit.

Kheswa sê dit is nog nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.

“Ons verneem ook dat die buurtwagpatrollie reeds op die toneel was en besig was om die brand te blus met die aankoms van die Moqhaka-munisipaliteit se brandweer,” sê Kheswa.

Dit is glo al ’n geruime tyd dat die Moqhaka-munisipaliteit nie oor ’n brandweerwa beskik nie. Dié probleem word maandeliks op die raadsvergadering aangespreek.

Muller sê wat hom die meeste bekommer, is dat die N1 deur Kroonstad strek en dat ’n brandstof­depot, wat uiters vlambaar is, ook in die dorp geleë is. Vir dié rede is aflewerings­vragmotors wat vlambare produkte vervoer, gereeld in die dorp.

“Dit is kommerwekkend om te weet dat indien ’n ongeluk by die brandstofdepot plaasvind, of dat wanneer ’n brand by ’n huis ontstaan, daar geen brandweerwa is om die brand te blus nie,” sê hy.

Niemand is in die brand by die herwinningsonderneming beseer nie en die voorval is ook nie by die polisie aangemeld nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.