Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brug skep kommer

Die fietsbrug in Kroonstad is in ’n haglike toestand, wat groot gevaar vir inwoners kan inhou.

Tombo Raishe, wat daagliks as voetgang­er van die brug gebruik maak, het dié omstandighede onder Kroonnuusse aandag gebring. Die veiligheidsrelings van die brug ontbreek stuk-stuk en die oorblywende dele is erg gehawend.

Raishe meen dat die situasie baie gevaarlik is, veral vir voetgangers wat die brug laat aand gebruik.

Dit wil voorkom asof vandaliste die staalrelings plunder om dit as skroot­materiaal te verkoop.

Raadslid Chris Dalton het die toestand van die brug onder die aandag van die Moqhaka-munisipaliteit gebring.

“Die sekuriteitsafdeling van die munisipaliteit is verwittig om dadelik aan die probleem aandag te gee of die brug te sluit voordat iemand noodlottig beseer word,” sê Dalton.

Kroonnuus het ’n navraag aan die munisipaliteit gerig en wag op terugvoering. Intussen word voetgangers gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.