Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bus gekry ná diefstal

Die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se gesteelde skoolbus is in Witbank opgespoor.

Dié Isuzu-skoolbus, met sitplek vir 60 passasiers, is op Donderdag 19 Julie in die vroeë oggendure van die skoolterrein gesteel.

’n Sein van die opsporings­toestel wat in die bus aangebring is, is vanaf Daspoort in Mpumalanga ontvang.

Dit is tóé dat die opsporingsmaatskappy die skool in kennis gestel het dat die bus gesteel is.

“Die polisie kan bevestig dat die wit Isuzu-skoolbus van die Hoërskool Kroonstad op Vrydag 27 Julie verlate in Witbank opgespoor is.

“Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en die saak word verder ondersoek.

“Enige iemand met inligting rakende die saak moet asseblief die polisie kontak,” sê die polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng.

Tjaart du Plessis, die adjunkhoof van Bloues, sê die skool is ongelooflik dankbaar en dat dit ’n reuse-verligting is dat die bus gevind is.

“Hoewel daar geringe skade aan die bus is, is dit steeds in ’n werkende toestand,” sê hy.

Du Plessis het sy dank aan almal uitgespreek wat die nuus van die vermiste bus op die sosiale media gedeel het.

Die nuus is bykans 128 000 keer op sosiale media gedeel en dit het ’n groot bydrae tot die opsporing gemaak.

Die polisie, in samewerking met die opsporingsmaatskappy, kon die bus opspoor toe die verdagtes dit glo aan ’n vervoermaatskappy probeer verkoop het.

Die bus is egter later verlate naby Witbank gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.