Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurtwag help in nood

Die Kroonstad-buurtwag het op 30 Junie en 1 Julie, oor 24 uur, ’n bewusmakingspatrollie in Kroonstad gery.

Komberse vir behoeftiges, wat die patrollielede gereeld op hul roetes teëkom, is ook ingesamel en versprei.

Patrollielede doen vrywillig diens. Dié diens word deur vrywilligers verrig wat in skofte in die verskillende sektore ry.

Gedurende April het dié vrywilligers altesaam 3 144 km in die dorpsgebied gery en 265 uur patrolliediens gedoen.

In Mei het hulle 4 248 km afgelê en 398 man-ure op patrolliediens bestee.

Gedurende Junie is 3 693 km gery en 269 uur diens gedoen.

Om ’n lid van die Kroonstad-buurtwag te word, kos R50 per maand of R500 per jaar. ’n Straatbordjie kos R150.

Francois Geldenhuis is die voorsitter van dié buurtwag.

In geval van nood, kan ’n boodskap op die onderskeie WhatsApp-groepe gestuur word.

Inwoners kan versoek om deel van dié groepe te wees.

’n Boodskap kan ook na 072-349-4694 in geval van nood gestuur word, of die nommer kan geskakel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.