Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19-slenter gedy

Rowers het Donderdag (16/07) met ’n slenterslag toegang tot ’n huis in Heilbron gekry en die gesin helder oordag beroof. deur voor te gee dat hulle ’n badkamer moet ontsmet.

Volgens brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die rowers vir die huiswerker gesê hulle moet die badkamer teen Covid-19 ontsmet. Sy het hulle ingelaat en is oorval.

Toe Johan Weilbach (29) later vir middagete by sy ouerhuis opdaag, het hy ’n wit Opel Corsa-bakkie voor die huis sien staan.

Volgens Makhele het ’n onbekende man vir hom gesê dat hy met hul huiswerker wil praat. Weilbach het aangebied om haar te gaan roep terwyl die man buite wag.

Die res van die rowers het hom in die huis oorrompel en met ’n mes teen sy keel by ’n slaapkamer ingedwing.

Sy hande en voete is met kabelbinders vasgebind.

Weilbach se ma, Annatjie, het kort daarna by die huis opgedaag.

Makhele sê die rowers het haar geklap, haar trouring afgevat en ’n televisie, drank, ’n skootrekenaar, selfoon en die sleutels van ’n Ford Ranger gesteel.

Die rowers het daarna in die Corsa-bakkie gevlug.

Die waarde van die gesteelde goedere word op R62 000 geraam.

Volgens Makhele kon die Weilbachs daarin slaag om hulself los te wikkel, waarna hulle op die tuinwerker en huiswerker afgekom het wat in ’n badkamer vasgebind was.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan help, kan AO Arie Hendrikse by 076-791-5660 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.