SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Dankie vir goeie gebaar

Hannelie Pick, Kroonstad:

Op Saterdag 30 Junie het ek by die bankteller by Standard Bank in Kroonstad geld getrek.

Ek is ’n staatspensioentrekker en die rye was baie lank.

Ek het my geheime kode ingetik, geld ontvang en gewag vir ’n strokie. Ek moes weer my kaart in die masjien druk om ’n strokie aan te vra. In die harwar en vrees dat iemand my vir die geld sal oorrompel, het ek nagelaat om my kaart te neem.

’n Sonstraalvrou het my teruggeroep om my kaart te kry.

Daar is nog goeie mense in die lewe en ek wil vir dié onbekende vrou baie dankie sê.

’n Skelm mens sou my besteel het, maar dié vrou was ’n engel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.