Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Depressie kan oorwin word

Talle inwoners vra vrae oor die voorvalle van selfdood die afgelope ses weke in Kroonstad.

Waarom sal iemand só moed verloor en hul eie lewe neem?

Van die hoofoorsake van selfdood is depressie.

Slagoffers van depressie kan dalk telkens sê dat hulle “af” voel. As diegene naaste aan hulle egter dieper delf, is dit duidelik dat daar ’n verandering is in alles wat die persoon doen.

“Hul hele lewenspatroon verander. Depressie beïnvloed jou gedagtegang, emosies, gedrag en algehele fisieke gesondheid,” lui ’n mediaverklaring van ER24.

Simptome van depressie sluit ’n gevoel van hopeloosheid, skuld­gevoel of buierigheid en selfs woedeuitbarstings in. Belangstelling in sosiale aktiwiteite en gunstelingaktiwiteite taan. Lyers se konsentrasie neem af, hulle kan korttermyn­geheueverlies ervaar, gedagtes om hulself te beseer koester en selfs hallusineer.

Naasbestaandes kan tekens van drank-, medikasie- of dwelm­misbruik opmerk, of ’n energie­gebrek, onverklaarbare pyne en skete, eetverlies of skielike gewigstoename of -verlies.

Omdat dié simptome nie duidelike aanduidings vir depressie bied nie, is die hulp van gespesialiseerde medici noodsaaklik om depressie te diagnoseer.

Dit is moontlik om van depressie te herstel.

Skakel ER24 se beraders by 084124, die Suid-Afrikaanse depressie- en angsversteuringsgroep by 011-234-4837, die selfdood-noodnommer by 0800-567-567 of die 24/7-hulpnommer by 0800-12-13-14.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.