Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die hoop beskaam dalk nie

Vandag is ons tog te dankbaar dat die verkiesing, wat die nuus vir die afgelope paar maande oorheers het, uiteindelik verby is.

Natuurlik was die uitslae die volgende punt van bespreking, wat nogal ’n soet-suur smaak in die mond gelaat het. Groot partye wat heelwat steun verloor en kleiner partye wat wonderbaarlik steun gewen het.

Dit is egter kommerwekkend om te besef hoeveel mense nie gaan stem het nie. Dit is asof die landsburgers tou opgegooi het en duidelik nie meer vertroue in die politici, wat hulle daagliks faal, het nie.

Ondanks die eerste winterkoue wat reeds geknyp het en reën wat op stemdag oor bykans die hele land geval het, sou ’n mens verwag dat mense tog in belang van die land se toekoms hul kruisies sou gaan trek.

Die gure weer kon moontlik ’n groot rol gespeel het om kiesers van die stemmery te weerhou. Tog voel dit eerder asof die meeste landsburgers eenvoudig nie meer lus is vir die “sirkus” wat hom die afgelope tyd in Suid-Afrika afspeel nie.

Nou is die vraag egter: Wat gaan nou gebeur? Is die leierskap in staat om die situasie waarin die land verkeer, radikaal om te keer? Of gaan ons voortploeter? Wag daar ’n opwindende tyd vir Suid-Afrika?

Soveel gemengde gevoelens het ons lanklaas beleef – onsekerheid, opgewondenheid, moedeloosheid, vrolikheid en selfs so ’n tikkie positiwiteit.

Dit is belangrik om verbete aan te hou hoop, met die oog daarop dat dinge dalk radikaal in die guns van die landsburger kan verander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.