Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die hoop beskaam nie

Verandering is altyd goed, en vernuwing is natuurlik beter.

Met die oog op die reuse-ontwikkelings in die Moqhaka-omgewing waaroor ge­spekuleer word, kan ’n mens nie help dat daar ongekende op­gewondenheid in jou fladder nie.

Die hoop op werkskepping en die reuse- geldelike in­spuiting wat al die nuwe ontwikkeling vir die streek kan bring, is positief.

Die jaar 2019 se vooruitsigte vir die Moqhaka-gemeenskap lyk inderdaad belowend.

Die munisipale bestuurder praat met soveel entoesiasme van die nuwe inkopiesentrums en talle ander dinge waarna die gemeenskap, asook be­soekers en padgebruikers van die N1, kan uitsien.

Hy steun die droom van pres. Cyril Ramaphosa om ons land so aanloklik moontlik vir beleggers te maak, en daardeur die ekonomie ’n hupstoot te gee en werk te skep.

Die vraag is egter, sal beleggers in Moqhaka wil belê indien dienste soos instand­houding van die infrastruktuur en die dag tot dag instand­houding van die dorp agterweë bly?

Beleggers sal immers wil weet of hulle waarde vir hul geld sal kry, asook die ver­sekering dat die basiese dienste tot hul beskikking sal wees.

Die munisipale bestuurder is egter oortuig daarvan dat beleggers reeds die middelpunt van Suid-Afrika sien as ’n uit­stekende belegging, wat aan­loklik vir elke besoeker en toeris sal wees.

Die positiwiteit is aansteeklik en die hoop is dat Moqhaka binnekort die groeiende middelpunt van Suid-Afrika sal wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.