Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dieper betekenis van ‘kroon ’ ontgin

Die eienaar van die Ein Rimmon-kunsskool, Pennie Krog, het die staat van inperking gebruik om die Covid-19-pandemie se uitwerking op die mensdom in ’n kunswerk te verewig.

Die skildery genaamd Coronaneem die form van ’n sluitsteen aan, wat Jesus simboliseer.

Die skrif in die skildery, ’n gedeelte uit Johannes 17 in die Bybel, lees soos volg: “Want die woorde wat U my gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het.”

Krog deel die boodskap van die skildery.

“Corona beteken kroon en hierdie kroon het dorings wat ons denke penetreer sodat ons Jesus opnuut moet soek in die vreemde, vernuwende tye,” sê Krog.

“Gister se manier van dink was vir almal ’n bekende gewoonte, dit het sekuriteit gebied, maar dit geld nie meer nie. Die toekoms is onseker en daarom moet ons Hom soek in vandag se tyd sodat ons sy stem kan hoor vir leiding.”

In die kunswerk is daar ’n vlieër wat die woord “rhema” simboliseer, wat ons identiteit in God is. Die tou is ons hoop in Christus en die sleutel is die nuwe kennis en nuwe manier van dink, oor hoe Hy homself gaan openbaar in die on­sienlike realiteit van vandag.

“Soos wat ons Hom soek, word ons daagliks verander met nuwe maniere van dink, sodat ons in ritme en eenheid kom as die liggaam van Christus.”

Krog sê dié tyd het haar met nuwe oë na baie dinge in die lewe laat kyk.

Sy is ook besig om met nuwe skilder­tegnieke en mediums te eksperimenteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.