Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dink plaaslik en steun dorp se geleenthede

“Hier gaan niks in die dorp aan nie. Die pad word saans opgerol.”

Sulke stellings word oor Kroonstad heen langs die braaivleisvuur gemaak.

Die vraag is egter of inwoners ag slaan op die talle geleenthede wat ten bate van instellings, kerke en skole in die dorp aangebied word.

Dié week, van Maandag (08/10) tot Saterdag (13/10), vier die Sentrale Volkskool (Senties) sy 110de bestaansjaar.

’n Vol program is op die feesspyskaart.

Ongeag watter skool jy ondersteun, het almal in Kroonstad iets met Senties te doen, of te doen gehad.

Daar is talle oorvertellings van Parravlei, die naam wat in toeka se tyd aan Senties toegedig is.

Senties is gerat om ’n kaskarwedren vir ondernemings en belangstellendes aan te bied, en Steve Hofmeyr bied op Saterdag by die Kroon-boma buite Kroonstad ’n buitelugvertoning aan.

Al dié geleenthede is gesonde vermaak en bywoning is baie bekostigbaar. Pak die kampstoele en ’n kombers en bring die hele gesin.

Petrolkoppe kan op die laaste Saterdag van elke maand hul liefde vir motorrenne by die ovaalbaan uitleef.

Die motorskou wat by die Jordaniapark-aftreeoord aangebied gaan word, beloof om motorgeesdriftiges op ’n fees van veteraanmotors te trakteer.

Ondersteun jou dorp en die pogings wat aangewend word om so plaaslik as moontlik vermaak en produkte – van die mense vir die mense – aan te bied.

In ’n kuberwêreld wil mense nie meer uitgaan nie, want dit is so maklik om teen die skermpie vas te kyk en die vingers die geselswerk te laat doen.

Nee man, gaan kuier vir vriende en familie en ontmoet nuwe mense.

Ondersteuning aan plaaslike bedrywig­hede stimuleer boonop plaaslike ondernemings. Deur by die plaaslike winkels te koop, word die sente in die dorp gehou en die dorp lewendig gehou.

Dink plaaslik en ondersteun plaaslik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.