Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dít is toelaatbaar op vlak 2

Die land het Maandag (17/08) om middernag na vlak 2 van die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie beweeg.

Vreugdevure het reeds Saterdagaand nadat pres. Cyril Ramaphosa die aankondiging gemaak het, hoog gebrand.

Vlak 2-regulasies sluit in:

  • Drankwinkels mag Maandae tot Donderdae van 09:00 tot 17:00 sake doen. Drank mag ook tot 22:00 by restaurante, hotelle of kuierplekke verkoop word.
  • Die verkoop van alle tabakprodukte is toelaatbaar.
  • Landsburgers mag tussen provinsies reis en hotelle, gastehuise en ander verblyfplekke mag gaste huisves.
  • Alle gimnasiums en fiksheidsentrums mag weer hul bedrywighede voortsit, onder streng maatreëls.
  • Die meeste ondernemings mag weer besigheid doen, mits dit onderhewig aan die Covid-19-wetgewing uitgevoer word.
  • Kuiers by vriende en familie is toelaatbaar, maar moet steeds so ver moontlik beperk word.

Sosiale byeenkomste moet vermy word, en nie meer as 50 mense mag byvoorbeeld begrafnisse of kerkdienste bywoon nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.