Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorp weer vol drama

Inwoners van Kroonstad kan uitsien na vanjaar se Melodrama-skouspel, aangebied deur Tafelronde 42, wat eersdaags op die planke sal wees.

Tafelronde 42 van Kroonstad bied vanjaar vir die 22ste keer dié Melodrama aan.

Dié organisasie wil met vanjaar se Melodrama die gehoor se asem met opvoerings van hoogstaande gehalte wegslaan.

Tafelronde 42 beloof ’n onvergeetlike skouspel en hoop om die integrale rol wat dié organisasie in die versorging en ondersteuning van die gemeenskap speel, te beklemtoon.

“Hierdie merkwaardige geleentheid is steeds Tafelronde 42 se grootste geldinsamelingsprojek.

“Ons skryf die welslae toe aan die voortgesette ondersteuning wat van inwoners van Kroonstad en die omliggende dorpe ontvang word,” sê Danie Swanepoel, woordvoerder van Tafelronde 42.

Besprekings vir vanjaar se Melodrama kan reeds gemaak word en belangstellendes kan uitsien na professionele treffers, en kan kies om ’n opvoering tydens een van twee naweke by te woon.

Hoewel die twee naweke se opvoerings dieselfde is, verskil die formaat.

Op Vrydag 26 Oktober vind die eerste opvoering om 18:30 in die Allen Rautenbach-saal plaas, en ’n tema is deel van dié verrigtinge.

Saterdagaand 27 Oktober word die opvoering herhaal.

Met dié twee opvoerings kan gaste ’n eie mandjie met verversings saambring, of verversings kan vooraf (met besprekings) bestel word.

Kaartjies vir dié twee vertonings (met eie verversings) kos R120 per persoon.

Op Vrydag 2 November en Saterdag 3 November vind nog twee opvoerings plaas, en hiertydens word ’n tweegangmaaltyd bedien.

Dié opvoerings kos R200 per persoon en sluit die ete in.

’n Kontantkroeg, met kaartgeriewe, is tydens al die naweekvertonings beskikbaar.

Kaartjieverkope en besprekings kan by ACT Computers in Oranjestraat, Kroonstad, gedoen word en telefoniese besprekings word nie aanvaar nie.

’n Oefenlopie word gratis op Woensdag 24 Oktober om 18:30 vir 19:00 vir hoërskoolleerlinge en bejaardes aangebied en eie verversings kan saamgebring word.

Bel Spidey Knepscheld by 082-852-6970 of Swanepoel by 072-730-8898, stuur ’n e-pos na info@rt42.co.za of besoek die Facebook-blad van Tafelronde 42 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.