Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drotské maak hier eerste hart oop

Naka Drotské (48) het sy eerste openbare optrede en getuienis ná die skietvoorval waarin hy verlede jaar ernstig gewond is in Kroonstad gelewer.

Hy het gepraat op die manne-aand wat die Kroonstad-sel­gemeente Dinsdag (05/03) aangebied het.

Drotské het vertel hoe sy lewe handomkeer verander het ná die skietvoorval op 29 November op sy broer Tinus se kleinhoewe buite Pretoria. Hy het vertel hoe die aand verloop het totdat die rowers hulle oorval het en hy geskiet is.

Hy het van sy herstel vertel en ook van die reuse terugslag wat bykans sy lewe gekos het.

Hy meen was juis in daardie kritieke stadium dat hy besef het dat hy nader aan die Here moet beweeg.

Drotské het erken dat hy maar ’n louwarm Christen was vir die 47 jaar van sy bestaan tot daardie spesifieke aand.

Tydens sy herstel en hospitalisasie het hy besef dat hy slegs deur die Here se genade nog lewe en dat hy ’n verantwoordelikheid het om sy verhaal aan ander te vertel.

Hy het ook erken dat hy baie met vrae oor daardie aand se gebeure geworstel het, wat hom bykans rebels laat voel het.

“Toe ek op my heel swakste was en nie meer wou lewe nie, het die Here ingegryp en vir my gesê ek is hier om ’n verskil te maak,” het hy Dinsdagaand gesê.

“Ek staan ook dankbaar teenoor my vrou wat my vasgevat het toe ek in sak en as wou sit, en my laat besef het ek kan, en ek moet, deur die donker gaan.

“Nooit sou ek drie maande terug gedink het dat ek vandag getuienis sal lewer oor hoe my lewer radikaal verander het nie.”

Volgens hom is hy eintlik ’n introvert.

“Dit is nou vir my ’n uitdaging om myself te deel met ander mense deur getuienis te lewer.”

Uit die hele skietvoorval, sê Drotské, is hy en sy gesin en familie baie nader aanmekaar gebring en het hulle besef dat God die belangrikste is.

Hy sê ook dat hy daagliks in sy motor, of waar hy hom ook al bevind, met God praat, vir leiding vra om die regte boodskap aan mense oor te dra en sy dank teenoor God uitspreek.

Hy beskou dit as deel van sy roeping om die boodskap van hoop uit te dra.

Die geleentheid in Kroonstad is deur sowat 300 mans bygewoon.

“Almal wat die geleentheid bygewoon het, het vir seker ’n boodskap gekry wat hulle kon huis toe neem of wat hulle persoonlik geraak het,” sê Cecil Parsons, organiseerder van die geleentheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.