Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Duur, dis nou maar wors

Andrè Swanepoel, Kroonstad:

Ek het in die plaaslike media gelees van die vlooimark wat op die eerste Saterdag van elke maand op die oop stuk grond oorkant Checkers sake doen. Op Saterdag 3 Augustus het ek daar besoek afgelê.

Dis ’n doodgemiddelde vlooimark, wat die potensiaal het om met tyd moontlik te ontwikkel, tot iets met meer om die lyf.

Een slegte ondervinding kan egter voornemende klandisie só erg afskrik, dat die hele mark daaronder kan ly.

Ek het by ’n stalletjie gekom wat koek en boereworsrolle verkoop. So het ek vir my ’n boereworsrol bestel, sonder om die prys te vra.

Ek het die vrou met ’n R100 betaal en net R60 kleingeld gekry. Met ander woorde, die worsrol kos ’n astronomiese R40.

Ek was so stomgeslaan, ek het maar net die worsrol gevat en weggestap.

Onnodig om te sê, ek sal nooit weer my voete by die vlooimark sit nie en sal enige persoon afraai om die plek te besoek.

Nou vir sommige mense sal dit na nietigheid klink, maar inwoners van die land is reeds so voos gesteel deur korrupte individue en geldwolwe, dat jy later ’n bitter smaak in jou mond kry en ander teen hierdie opportuniste wil waarsku.

Daar is sekerlik beter waarde vir geld elders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.