Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Enjins sal brul vir omgee

Die jaarlikse insamelingsgeleentheid ten bate van kinders (Toy Run), wat deur motorfietsryers in Kroonstad gelei word, word vir Saterdag 10 November beplan.

Dié massaoptog beloof om vanjaar groot plesier en pret vir behoeftige kinders te bied.

Verrigtinge gee die geleentheid vir mense met veldmotorfietse en vierwielmotorfietse om ook deel te neem. Al wat motorfietsryers moet doen, is om ’n speelding vir ’n behoeftige kind te bekom of ’n skenking aan die organiseerders te gee, sodat ’n kinderhart oor die feestyd bly gemaak kan word.

Die dag se bedrywighede begin wanneer motorfiets­ryers om 09:30 op die landbouterrein van die Hoërskool Kroonstad aan ’n optog deelneem. Omstreeks 10:00 word geskenke by die Panorama-plaza aan behoeftige kinders uitgedeel.

Speletjies word deur die onderskeie motorfietsklubs van Kroonstad aangebied.

Vir meer inligting en om betrokke te raak, bel Elaine van Niekerk by 082-905-0997.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.