Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees help boere

Die eerste Quantum-boerefees ten bate van plaasbeveiliging en droogtehulp beloof hope vermaak vir jong en oud, en vir boere sal op Saterdag 22 Februarie aangebied word.

Kinders 18 jaar en jonger kan hulle vir Mnr. en Mej. Quantum-boerefees inskryf.

met verskillende kategorieë van die ouderdom 0 tot 18 jaar is deel van die dag se program. Inskryfvorms is by skole beskikbaar.

Die feesprogram sluit in praatjies oor plaasbeveiliging en droogtehulp, vee-tentoonstellings, dansnommers, boeremusiek, ’n uitstalling van veteraanmotors, kindervermaak, ’n mallemeule en ’n boeresport­kompetisie.

’n Verskeidenheid uitstallers sal hul produkte te koop aanbied.

Die aand sal Steve en Armand Hofmeyr feesgangers vermaak. Die vertoning se prys is by dié van die toegangskaartjie ingesluit.

Feesgangers wat van ver kom, kan verblyf bespreek deur ’n e-pos na marketing @qtfs.co.za te stuur.

Feeskaartjies kos R100 en kan aanlyn op Quicket onder “Quantum-boerefees”gekoop word.

Dit is ook by VS-hersteldienste oorkant Quantum Field Services beskikbaar.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na marketing@qtfs.co.za of kontak Marzel van Tonder by 083-338-8546.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.