Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees wys die lekker

“Local is lekker” is die tema van vanjaar se Makiti-kontreifees wat van 31 Augustus tot 1 September by die Amari-skool in Welkom gehou word.

Hope vermaak sal gebied word en mense van omliggende gebiede word genooi om die fees te ondersteun.

Mense kan hulle ook vir die Mnr. en Mej. Makiti-kompetisie inskryf. Die wenners sal op 1 September aangewys word.

Op Vrydag 31 Augustus kan mense aan padwedlope van 5 km (R30) en 10 km (R50) deelneem. Dit word deur die Harmony Striders-klub aangebied.

Inskrywings sal by die hoofingang van die fees geskied. Inskryfgeld sluit toegang tot die feesterrein in. Tydelike nommers sal teen R50 beskikbaar wees.

Op Saterdag 1 September is die bulletjierugby, pompondansers en Volkspele aan die beurt. Kunstenaars sal feesgangers ook van die verhoog af vermaak.

Inskrywings vir die SABBS-Boerboel- en MK-Strongman-kompetisies is reeds oop, en die streek se mense word genooi om vroegtydig in te skryf.

Groot pryse is met die talentkompetisie op die spel. Mense kan aan verskeie afdelings deelneem.Daar is verskeie afdelings waaraan deelgeneem kan word.

“Daar wag nog ’n hele paar verrassings by die fees,” sê Phillip Scott, skoolhoof van die Amari-skool. “Kry jou inskryfvorms op die Facebook-blad of by die Amari-skool,” sê Scott.

Stuur ’n e-pos aan amari@internext.com of kontak die skool by 057-352-8423.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.