Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fokus is dié week op boere

Dit is 15 Mei en die winter klop aan die deur.

Dié tyd van die jaar is dit ook Nampo-tyd. Vergeet maar om dié week ’n afspraak met ’n boer of verteenwoordiger in die landboubedryf te maak.

Die fokus is vandeesweek op die kosmandjievoorsieners van die land.

Diegene wat enigsins bande met die landbou het, en nog nooit die jaarlikse Nampo-skou besoek het nie, mis beslis op tegnologie uit.

Kroonstad is in die mieliedriehoek geleë en die stapelvoedsel van die volk kom grootliks ook uit dié distrik.

Indien jy en jou gesin beplan om Nampo te besoek, bestuur versigtig en ruim ekstra tyd in vir verkeersopeenhopings en die paaie na Nampopark wat nie na wense is nie.

Die landboubedryf bly een van die grootste konstante werkvoorsieners, maar ongelukkig gaan die landboubedryf ook onder misdaad gebuk.

Saterdag (12/05) byvoorbeeld is ’n bakkie van Jan Venter by ’n sportbyeenkoms gesteel.

Binne minute was die uitgebreide netwerk van boere, buurtwag en plaaswagte ingelig en die voertuig met die verdagte is net voor Steynsrus deur boere voorgekeer, waarna ’n inhegtenisneming gemaak is.

Dit is weer ’n bewys dat mense aktief betrokke moet raak by misdaadvoorkoming en hulself bemagtig met die nuutste tegnologie, wat by Nampo te sien is, om hulself en hul eiendom te beskerm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.