Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gee sop vir prut(tel)pot

Die prutpot (“slow cooker”) in jou kombuis mag nie dié winter stof opgaar nie. Pak dié bestanddele in die prutpot, skakel dit aan en oor tien uur het jy ’n heerlike brediesop.

Bestanddele:

500 g lam- of beesvleis, aan die been

375 ml droë sopmengsel (lensies, ertjies, gort, en so meer)

2 liter kookwater

1 blik tamaties, geskil

1 groot ui, fyngekap

2 aartappels, gerasper

4 wortels, gerasper

375 ml gekapte seldery

125 ml preie – opsioneel

1 pakkie groentesoppoeier

Sout, peper en worcestersous, na smaak

Ander kruie, soos pietersielie, na smaak

1 blik pitmielies – opsioneel

Indien verkies, sny die groente in blokkies eerder as om dit te rasper. Plaas die groente en sopmengsel in die prutpot. Plaas die vleis bo-op.

Maak die soppoeier met die kookwater aan en gooi dit bo-oor die mengsel. Skakel die prutpot aan op die lae verstelling vir tien uur (oornag) of op outomaties as jy die sop soggens vóór werk wil maak.

Sopo a phehang slow cooker

500 g dinku/kghomo nama le masapu

375 ml sopo ereki, lintels, dinawa (4-1)

2 litre metsi a belang

1 koti koti tamati

1 ei, ho seha

2 ditapole raspilwang

4 diwete raspilwang

375 ml celery ho seha

125 ml leeks – optional

1 paki poeiri a sopo tsa veggies

Letswai, pepere, le moro a worcestershire

Pietersielie

Koti koti poone – optional

Kopanya sopo (4-1), ei, tamati, diwete, ditapole, leeks le poone ka hare slow cooker. Beha nama hodimo. Fuduha poeiri a sopo le metsi.

Tshela hodimo motswako. Beha slow cooker “lo” (10 hours) kapa “auto” (8 hours). Tshela letswai, pietersielie, worcestershire le pepere hodimo. Phepa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.