Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geen hulp toe rooftog plaasvind
Jean van der Westhuizen, Kroonstad:

Verlede week is ek met ’n geleentheid dorp toe en ons het naby die poskantoor by ’n onderneming gestop.

Daar het ek my handsak onder die voertuig se sitplek versteek en is net met my beursie en kaarte na die winkel.

Met ons terugkeer het ’n man tussen my en die voertuig se deur ingedruk en na iets in die motor gewys. Terselfdertyd het ’n ander man my handsak agter my bene uitgeruk net toe ek my beursie daarin teruggesit het en daarmee weggehardloop. Ek het agterna gehardloop en geskreeu die mense moet die man stop.

Daar was polisie teenwoordigheid, maar die man is met my handsak verby sonder dat hulle ’n vinger verroer het.

Om die hoek was daar ook twee verkeersmanne besig om middagete te eet en hulle het ook nie gehelp nie. Die mans het in die rigting van die taxistaanplek verdwyn.

My hele lewe was in daardie handsak en ek moet nou weer al my kaarte en rybewys vervang.

Die polisie en verkeersbeamptes het my in die steek gelaat. Ek is getraumatiseerd en kan nie glo dat niemand ’n senior burger te hulp snel as sy in die nood is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.